North American B-25 Mitchell

North American B-25 Mitchell
'n B-25 Mitchell in 2007
Tipe Bomwerper
Vervaardiger North American Aviation
Nooiensvlug 19 Augustus 1940
Status Onttrek aan militêre diens
Hoofgebruiker Amerikaanse Lugmag
Aantal gebou 9 816

Die North American B-25 Mitchell is 'n tweemotorige medium bomwerper wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Amerikaanse Lugmag gebruik is. 'n Kontrak is aan North American Aviation toegeken sonder dat 'n prototipe ooit gebou is.

Die eerste B-25 het op 19 Augustus 1940 sy nooiensvlug onderneem. Aan die einde van 1940 was 24 vliegtuie reeds afgelewer. Die vliegtuig het bekend geword toe vyf-en-twintig B-25 Mitchell bomwerpers, onder beheer van lt-kol. James Doolittle, van die vliegdekskip USS Hornet opgestyg het om Tokio te bombardeer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search